Voormalige Skoor-voorsitter kritiseer optrede teen Eskom-raadslid

Die voormalige voorsitter van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, Themba Godi, het die optrede van die huidige voorsitter teenoor ‘n raadslid van Eskom veroordeel. Dit volg nadat Mkhuleko Hlengwa vir Busisiwe Mavuso gevra het om hul vergadering te verlaat, omdat sy die ANC-regering die skuld gegee het vir Eskom se gemors. Godi sê dit is hoog tyd dat die ANC aanspreeklik gehou word vir die gevolge en uitdagings waarmee Eskom te kampe het.