Namib Mills sê hy het vergaderingdatum vir NEFF gegee

Namib Mills het gereageer op die sogenaamde arbeidsaktiviste van die Namibia Economic Freedom Fighters se versoek op ‘n vergadering ná klagtes van personeel. Vandag het die aktiviste weer by die maatskappy opgedaag en toe daar nie gehoor aan hulle gegee is nie, het hulle die hek waar die vragmotors deurbeweeg, versper. Volgens die uitvoerende hoof van Namib Mills, Ian Collard, het hulle ‘n tentatiewe datum van 26 April vir ‘n vergadering vir die party gegee, maar geen terugvoering van hulle gekry nie. Collard verduidelik.