Wêrelddag vir Malaria vandag herdenk

Vandag word Wêrelddag vir Malaria herdenk. In 2020 is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes in Namibië aangemeld. Die Namibiese gesondheidsministerie se teiken is om malaria teen 2023 heeltemal uit te wis. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, is aan die woord.