NLU stuur studie oor impak van stropery, veediefstal van stapel

Wild- en veestropery neem regoor Namibië toe. Sommige gebiede word uitsonderlik swaar getref en rapporteer verliese van miljoene Namibiese dollar, terwyl misdaadvoorkomingsaksies reeds hoë produksiekoste verder die hoogte laat inskiet. Die Namibiese Landbou-unie het bystand versoek van die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie om ’n onafhanklike ontleding te doen om die ekonomiese impak van die […]

Read More

Novak Djokovic is onttroon

Die 20-malige grand slam-kampioen Novak Djokovic se heerskappy as die wêreld se nommer een kom Maandag tot ‘n einde na sy nederlaag in die kwarteindronde van die Dubai Duty-Free-tenniskampioenskap. Die Serwiër word deur die Rus, Daniil Medvedev, vervang. Djokovic, wat ‘n rekord van 361 weke die wêreld se nommer een was, is met 6-4 en […]

Read More

Graad 11 leerders kan dilpomas by Unam voltooi

Die Universiteit van Namibië het ‘n ommekeer gemaak en hom by beide Nust en die Internasionale Universiteit van Bestuur geskaar met die toelating van graad 11 leerders wat onder die nuwe kurrikulum hul akademiese jaar voltooi het. Sedert 2021 was Unam redelik huiwerig om die leerders toe te laat om aansoek te doen omdat die […]

Read More

Florin uitspraak vandag verwag

Die 55-jarige voormalige sjef, Thomas Florin, na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, se uitspraak om vrylating sal na verwagting vanoggend om tien-uur deur hoërhof regter Shafimana Ueitele gelewer word. Florin is in Desember 1999 skuldig bevind aan die moord van sy vrou Monica in Junie 1998. Die moord het groot opslae […]

Read More

Onderhandelings met die staat oor salarisse loop op dooiepunt uit

Vakbonde wat staatsamptenare verteenwoordig sê salarisonderhandelings met die regering het op ‘n dooiepunt uitgeloop. Die gesprekke duur reeds sedert Februarie 2021. Die kwessie is volgens berigte reeds oorhandig aan die kantoor van die arbeidskommissaris vir bemiddeling. Napwu en Nantu het reeds ‘n dispuut verklaar. Die vakbonde vra vir ‘n 10 persent verhoging sowel as 25 […]

Read More

China sê hy verstaan Rusland se sekerheidskwessies

China het Rusland se minister van buitelandse sake ingelig hy verstaan wat hy beskryf as Rusland se redelike bekommernisse oor sekerheidskwessies oor Oekraïne. Dit is duidelik uit ‘n verklaring deur China se ministerie van buitelandse sake. China het Amerika en ander lande aangemoedig om te probeer keer dat die situasie handuit ruk, en terughoudend te […]

Read More

Vettel sê nee vir Sochi Grand Prix

Renjaers kan moontlik die Formule Een Grand Prix in Sochi in September boikot, weens Rusland se inval in die Oekraïne. Aston Martin se Duitse bestuurder, Sebastian Vettel, het aangekondig hy gaan nie deelneem nie en die verdedigende kampioen, Max Verstappen van Red Bull, het na bewering gedreig om dieselfde te doen. Die beheerliggaam oorweeg na […]

Read More

СТОП РАШИЗМ! Разом ми зможемо це зупинити

“ Якщо ви потрапили на цю сторінку, то відчули РАШИЗМ на собі, не поділяєте цієї ідеології та готові з нею боротися. Але, можливо, поки що не знаєте, як само. Долучайтесь до нашого онлайн-супротиву! Ми збираємо дієві ідеї на Trelo дошку, валідуємо їх, структуруємо за типом дій та прописуємо інструкції, що саме та як робити. Для […]

Read More

Ouditeursmaatskappy reageer op Namibiese begrotingsrede

Reaksie is ontvang oor die Namibiese begrotingsrede van finansminister Ipumbu Shiimi. Die begrotingsrede se tema was ‘Reimaging, a Better Future for the Youth’. Shiimi sê hy het die jeug gekonsulteer, asook die sake-gemeenskap, georganiseerde arbeidsverteenwoordigers, professionele organisasies, verskeie politieke partye, die burgerlike samelewing, streeksowerhede en verskeie ministeries. Hy sê die land se jong bevolking kan […]

Read More

Pres. Geingob gee wyle Alpheus Muheua ‘n amptelike begrafnis

President Hage Geingob het bevestig dat die voormalige adjunkminister van arbeid en vakbondman, wyle Alpheus Muheua tydens ‘n amptelike begrafnis begrawe sal word. Die 65-jarige Muheua het volgens sy familie weens Covid-komplikasies gesterf. Geingob het in ‘n mediaverklaring vandag gesê Muheua het onverpoosd vir die regte en beter werksomstandighede vir Namibiese werkers geveg.

Read More