Senior Swapo-lede is stil in die NV, bang vir kongres

Die langverwagte Swapo kongres van 2022 gaan in November plaasvind waartydens nuwe leierskap vir die party gekies gaan word. Die Swapo-kandidaat vir die land se presidensiële verkiesing in 2024 gaan ook genomineer word om President Hage Geingob op te volg. Henk Mudge, leier van die Republikeinse-party, is van mening dat senior Swapo-lede deesdae baie stil in die parlement is, weens die feit dat hulle bang is dat hulle die verkeerde kommentaar of reaksie gee wat hulle in ‘n slegte lig kan stel.