Sokker: Geen nuwe komitee ‘n kans

Die Namibiese Sokkervereniging blyk ‘n speelplek te wees vir wie ook al wil probeer om ‘n sokker-administrateur te wees. Die land se sokkerbeheerliggaam is nou al jare lank in algehele chaos. Daar is nou al ‘n aantal jare geen aktiewe sokkerliga in die land nie. Fifa het vir die tweede keer ‘n nuwe Normaliseringskomitee aangestel. Collin Benjamin, ‘n voormalige Brave Warriors-speler sê hierdie komitee moet tyd gegun word om hulself te bewys.