De Jager gesels oor Afrikaanse boere in Rusland, die Oekraïne

Afrikaanse boere in Rusland en die Oekraïne word gekonfronteer met soortgelyke probleme. Die Russiese inval in die Oekraïne lei tot ‘n dramatiese afname in oeste wat hierdie lente deur boere in die land geplant is, met vrese vir plaaslike en internasionale voedselonsekerheid. Bekend vir sy vrugbare grond, is Oekraïne ‘n groot uitvoerder van koring, gars, sonneblom en mielies, veral na Noord-Afrika. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreld Landbou-organisasie, wat in 2018 ook die vertrek van verskeie Suid-Afrikaanse boere na Rusland gefasiliteer het, gesels oor die stand van boere in Rusland en die Oekraïne.