Skole: Lyfstraf is weg, dissipline is grootste uitdaging

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die 1994 demokratiese deurbraak het geleenthede en uitdagings op die terrein van onderwys meegebring. Suid-Afrika herdenk vandag Vryheidsdag. Nes in Namibië, sê Makaneta daar is groot uitdagings met dissipline in skole. Hoewel lyfstraf laat vaar is nadat die Wetsontwerp op Menseregte in Suid-Afrika aanvaar is, is niks in plek geplaas om onderwysers te help om dissipline te handhaaf nie. Hy meen die grootste uitdaging vir onderwys en leer vandag, is die hoë vlakke van ‘n gebrek aan dissipline onder leerders in die land: