Duitsland soek steeds oplossing vir Russiese olie

Duitsland hoop om binne dae maniere te kry om Russiese olie met voorrade uit ander bronne te vervang. Volgens die land se energieminister, Robert Habeck, kan Duitsland dan ‘n Europese Unie-embargo op Russiese olie-invoere hanteer. Die land is onder druk om sy afhanklikheid van Russiese energie te verminder na Moskou se inval in Oekraïne. Duitsland het voorheen gesê hy kan homself teen die einde van die jaar van Russiese olie speen. Hy het egter die gedagte aan ‘n onmiddellike verbod op invoere na die Europese Unie verwerp.