Pres. Putin wil samesprekings met Oekraïne in Minsk voer

Die Kremlin sê die Russiese President, Vladimir Putin, wil samesprekings voer met die Oekraïne. Sy woordvoerder, Dmitri Peskov, sê die Russiese leier is gereed om ‘n hoëvlak-afvaardiging na die hoofstad van Belarus, Minsk, te stuur wat gasheer was vir vorige vredesonderhandelings en ooreenkomste. Drie ampsdraers van die Europese Unie en ‘n Europese diplomaat het intussen […]

Read More

Verbod op brandstof in houers opgehef

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, is verheug oor die suksesvolle terugtrekking van die verbod op die handel en uitreik van petrol en diesel in houers. Minister Gwede Mantashe het in Julie verlede jaar, weens die onrus, regulasies uitgereik wat hierdie verkope verbied. Hy het later ingestem om dit terug te trek, maar dit is nooit gedoen […]

Read More

Geestesgesondheidskwessies moet in vermaaklikheidsbedryf bespreek word

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en Angsgroep doen ‘n beroep vir meer bewustheid oor uitdagings met geestesgesondheid. Die groep se statistiek dui daarop dat Suid-Afrikaanse mans vier keer meer geneig is tot selfdood as vroue. ‘n Bewusmakingsaktivis, Penny Lebyane, sê bewusmaking en voorkoming van geestesgesondheidstoestande moet in die vermaaklikheids-bedryf ingestel word. Lebyane se gesprek volg ná die dood […]

Read More

Kankergevalle gaan in volgende jaar waarskynlik meer as verdubbel

Kankergevalle gaan in die volgende jaar waarskynlik meer as verdubbel, dus het verskeie onkoloë in Suid-Afrika ‘n beroep op die departement van gesondheid gedoen om die mediese wette in die gesondheidsektor te hersien. Volgens ‘n onkoloog, Ronwyn van Eeden, is die meeste kanker behandelbaar, maar sommige pasiënte het nie toegang tot medikasie om die kanker […]

Read More

Een Covid-sterfte op Opuwo aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die distrik van Opuwo aangemeld, asook 29 nuwe gevalle uit 1 241 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,5 persent verteenwoordig. In die groep is vyf leerders van verskillende skole en een student en gesondheidswerker elk. Daar is nou 2 534 aktiewe gevalle, waarvan 24 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 21,1 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.  

Read More

Namibiese studente in die Oekraïne gaan via Pole terugkeer

Die Namibiese regering het met Pole onderhandel vir veilige toegang van die 94 Namibiërs wat in die Oekraïne gestrand is. Die Namibiërs, waarvan die meeste studente is, sal dan via Pole na Namibië terugvlieg. Pole het intussen aangekondig hy het nege ontvangsentrums langs sy grens van 535 kilometer met Oekraïne oopgestel. Die minister van binnelandse […]

Read More

DA: Verhoging van kragtariewe is terugslag vir sukkelende Suid-Afrikaners

Die DA sê die verhoging van 9,61 persent in kragtariewe wat die Nasionale Energiereguleerder vir Eskom goedgekeur het, is ‘n groot terugslag vir sukkelende Suid-Afrikaners. Volgens die DA sal dié verhoging burgers lamlê te midde van stygende lewenskoste. Die party se woordvoerder, Kevin Mileham, sê die party sal voortgaan om te veg vir onafhanklike kragprodusente […]

Read More

Michelle se Kombuis wen Tinteltong-toekenning

Die Namibiese entrepreneur, Sandri Olivier van Michelle se Kombuis, het die AfriForum Sakenetwerk Tinteltong-toekenning in die internasionale kategorie gewen. AfriForum Sakenetwerk beloon innoverende Afrikaanse entrepreneurs vir hul bydrae tot Afrikaans as saketaal. Olivier deel haar blydskap met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Inbraak by PDM se kantoor

Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, sê daar was ‘n inbraak by hul kantore in Windhoek-Wes. Die sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe sê ‘n rekenaar en drukker is uit die finansies-kantoor gesteel. Hy het gesê die party het ‘n saak van betreding en huisbraak met die opset om te steel, by die Namibiese polisie aanhangig gemaak. […]

Read More

Russiese Formule Een Grand Prix gekanselleer

Die Russiese Formule Een Grand Prix wat in September in Sochi gehou sou word, is deur die beheerliggaam vir Forumele Een gekanselleer. Formule Een sê hy hou die gebeure in die Oekraïne met hartseer dop en hoop op ‘n vredevolle oplossing in die huidige situasie. Intussen word berig die Russiese Grand Prix sal waarskynlik nou […]

Read More