DA: Verhoging van kragtariewe is terugslag vir sukkelende Suid-Afrikaners

Die DA sê die verhoging van 9,61 persent in kragtariewe wat die Nasionale Energiereguleerder vir Eskom goedgekeur het, is ‘n groot terugslag vir sukkelende Suid-Afrikaners. Volgens die DA sal dié verhoging burgers lamlê te midde van stygende lewenskoste. Die party se woordvoerder, Kevin Mileham, sê die party sal voortgaan om te veg vir onafhanklike kragprodusente om ‘n baie groter rol in die land te speel.