Namibiese studente in die Oekraïne gaan via Pole terugkeer

Die Namibiese regering het met Pole onderhandel vir veilige toegang van die 94 Namibiërs wat in die Oekraïne gestrand is. Die Namibiërs, waarvan die meeste studente is, sal dan via Pole na Namibië terugvlieg. Pole het intussen aangekondig hy het nege ontvangsentrums langs sy grens van 535 kilometer met Oekraïne oopgestel. Die minister van binnelandse sake, Mariusz Kaminski, sê in ‘n verklaring die land verwag ‘n instroming van vlugtelinge. Hy sê die sentrums sal maaltye en mediese sorg bied, asook ‘n plek om te rus en inligting te ontvang.