Inbraak by PDM se kantoor

Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, sê daar was ‘n inbraak by hul kantore in Windhoek-Wes. Die sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe sê ‘n rekenaar en drukker is uit die finansies-kantoor gesteel. Hy het gesê die party het ‘n saak van betreding en huisbraak met die opset om te steel, by die Namibiese polisie aanhangig gemaak. Ngaringombe sê die party is ook besig met ‘n interne ondersoek.