Kankergevalle gaan in volgende jaar waarskynlik meer as verdubbel

Kankergevalle gaan in die volgende jaar waarskynlik meer as verdubbel, dus het verskeie onkoloë in Suid-Afrika ‘n beroep op die departement van gesondheid gedoen om die mediese wette in die gesondheidsektor te hersien. Volgens ‘n onkoloog, Ronwyn van Eeden, is die meeste kanker behandelbaar, maar sommige pasiënte het nie toegang tot medikasie om die kanker te behandel nie, omdat die koste te hoog is.