Geestesgesondheidskwessies moet in vermaaklikheidsbedryf bespreek word

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en Angsgroep doen ‘n beroep vir meer bewustheid oor uitdagings met geestesgesondheid. Die groep se statistiek dui daarop dat Suid-Afrikaanse mans vier keer meer geneig is tot selfdood as vroue. ‘n Bewusmakingsaktivis, Penny Lebyane, sê bewusmaking en voorkoming van geestesgesondheidstoestande moet in die vermaaklikheids-bedryf ingestel word. Lebyane se gesprek volg ná die dood van kletsrymer Riky Rick en die akteur Patrick Shai, wat beide hul eie lewens geneem het.