Michelle se Kombuis wen Tinteltong-toekenning

Die Namibiese entrepreneur, Sandri Olivier van Michelle se Kombuis, het die AfriForum Sakenetwerk Tinteltong-toekenning in die internasionale kategorie gewen. AfriForum Sakenetwerk beloon innoverende Afrikaanse entrepreneurs vir hul bydrae tot Afrikaans as saketaal. Olivier deel haar blydskap met Kosmos 94.1 Nuus.