Een Covid-sterfte op Opuwo aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die distrik van Opuwo aangemeld, asook 29 nuwe gevalle uit 1 241 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,5 persent verteenwoordig. In die groep is vyf leerders van verskillende skole en een student en gesondheidswerker elk. Daar is nou 2 534 aktiewe gevalle, waarvan 24 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 21,1 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.