Verbod op brandstof in houers opgehef

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, is verheug oor die suksesvolle terugtrekking van die verbod op die handel en uitreik van petrol en diesel in houers. Minister Gwede Mantashe het in Julie verlede jaar, weens die onrus, regulasies uitgereik wat hierdie verkope verbied. Hy het later ingestem om dit terug te trek, maar dit is nooit gedoen nie. Die verbod is eers opgehef nadat daar in Desember verlede jaar hofstukke op die minister beteken is. Volgens Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, het die verbod boere benadeel om nie brandstof in houers te kan koop nie.