FNB waasku oor slenter
Daar is weer ‘n slenter wat sy kop uitgesteek het. FNB in Namibië waarsku oor ‘n bedrogspul in verband met hul e-wallet diens op die bank se toep. ‘n Eenmalige wagwoord, bekend as ‘n OTP, word dan na die nommer gestuur. Daarna volg ‘n oproep waar daar beweer word die bank vra die wagwoord aan. […]
Rehoboth gesels oor gratis water, en skuld wat ophoop
Die kwessie van gratis watervoorsiening tydens die pandemie het talle plaaslike owerhede gekniehalter en miljoene se skuld by NamWater veroorsaak. Meeste het reeds die praktyk gestaak en Rehoboth het by hulle aangesluit. Die dorp se burgemeester Enrico Junias sê beurtwater word ook toegepas.
NEFF probeer aandag soek, relevant bly
Politieke partye in Namibië bemoei hulle deesdae met arbeidskwessies soos die afgelope weke gesien is met optrede van die Namibia Economic Freedom Fighters. Hulle het maatskappye besoek en ontwrig waar dispute tussen werkgewers en werknemers heers. Volgens die voormalige uitvoerende direkteur in die Namibiese arbeidsministerie en deurwinterde arbeidskenner, Bro-Mathew Shinguadja, moet werknemers deur vakbonde verteenwoordig […]
Opsystaanreël kan ANC verder verdeel
‘n Politieke ontleder in Suid-Afrika is bekommerd die ANC se opsystaanreël kan die verdeeldheid in die regerende party vererger. ‘n Senior dosent aan die Universiteit van Mpumalanga, John Molepo, sê die reël sal ernstige gevolge hê, omdat partylede hulle eie leiers kies. Hy sê die nasionale uitvoerende komitee se besluit kan in Desember tydens die […]
DRK begin ent teen Ebola
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het met Ebola-inentings begin om ‘n uitbreking in die noordwestelike stad Mbandaka te stuit. Twee mense het tot dusver gesterf in die stad van meer as ‘n miljoen inwoners. Die eerste sterfgeval het op 21 April plaasgevind en die tweede was Dinsdag. Die uitbreking is die land se 14de. Tot dusver is 233 […]
Nujoma looi NEFF, NEFF kap terug
Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma het hom sterk uitgespreek teen die Namibian Economic Freedom Fighters, bekend as NEFF, se sogenaamde aktiviste wat besighede se bedrywighede ontwrig. Hy sê hulle oortree verskeie wette… Intussen het die NEFF-party teruggekap en sê dit is onder Nujoma se leierskap wat die werkers ly. NEFF se parlementslid Kalimbo Iipumbu…
Air Namibia: ‘Ons kan nie bloed uit ‘n klip uittap nie’
Daar is tans geen koper vir Air Namibia nie. Die likwidateur, Dave Bruni, sê die aanbod deur BDS Airways het deur die mat geval. Die redery het eers ‘n aanbod van 3,2 miljard Namibiese dollar gemaak wat later afwaarts aangepas is na 1,4 miljard dollar. Bruni sê hulle kan nie bloed uit ‘n klip uittap […]
Olie daal verder vanoggend
Oliepryse het vanoggend teruggesak as gevolg van die voortslepende inperking in China wat ook verder uitbrei. China is die wêreld se grootste olie-invoerder. Brent het op ‘n stadium onder 105 Amerikaanse dollar verhandel. Die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie sê voorraad het verlede week met 692 000 vate gestyg, minder as wat verwag is maar, maar distillaatvoorraad, wat diesel en […]
Mecki en kie soek belangstelling vir verwerkingsfasiliteit
Die nuutgestigde Bees Vleiswaardeketting-forum vorder. Die eerste advertensie is geplaas vir entiteite om hul belangstelling om te kan tender vir die konstruksie van ‘n bees-verwerkingsaanleg, in te dien. Savanna Beef Processors Beperk vra entiteite om ‘n gesamentlike onderneming met internasionale kenners aan te gaan. Die perseel sal volgens die FIDIC Gold Book-standaard funksioneer wat beteken […]
Lospryse onwettig in Nigerië, doodstraf vir ontvoering
Die Nigeriese senaat het ‘n wetsontwerp goedgekeur wat tronkstraf van minstens 15 jaar oplê vir die betaling van ‘n losprys om iemand wat ontvoer is, te bevry, en die misdaad van ontvoering strafbaar gemaak het met die dood in gevalle waar slagoffers sterf. Die senaat se regbank sê die wetsontwerp, wat Nigerië se terrorismewet wysig, vereis die […]