Olie daal verder vanoggend

Oliepryse het vanoggend teruggesak as gevolg van die voortslepende inperking in China wat ook verder uitbrei. China is die wêreld se grootste olie-invoerder. Brent het op ‘n stadium onder 105 Amerikaanse dollar verhandel. Die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie sê voorraad het verlede week met 692 000 vate gestyg, minder as wat verwag is maar, maar distillaatvoorraad, wat diesel en vliegtuigbrandstof insluit, het tot hul laagste sedert Mei 2008 gedaal. Ten spyte van die kommer oor die olievraag in China, verwag Asië se grootste olieraffineerder, Sinopec, dat die land se vraag na geraffineerde olieprodukte in die tweede kwartaal sal herstel namate Covid geleidelik onder beheer gebring word. Op die oomblik verhandel Brent net bo 105 dollar ‘n vat. Namibiërs hoor môre wat hul brandstofprys vir Mei sal wees.