FNB waasku oor slenter

Daar is weer ‘n slenter wat sy kop uitgesteek het. FNB in Namibië waarsku oor ‘n bedrogspul in verband met hul e-wallet diens op die bank se toep. ‘n Eenmalige wagwoord, bekend as ‘n OTP, word dan na die nommer gestuur. Daarna volg ‘n oproep waar daar beweer word die bank vra die wagwoord aan. Op die manier kry die bedrieërs toegang tot die selfoonnommer se toekomstige e-wallet-transaksies. Elzita Beukes van FNB verduidelik.