NEFF probeer aandag soek, relevant bly

Politieke partye in Namibië bemoei hulle deesdae met arbeidskwessies soos die afgelope weke gesien is met optrede van die Namibia Economic Freedom Fighters. Hulle het maatskappye besoek en ontwrig waar dispute tussen werkgewers en werknemers heers. Volgens die voormalige uitvoerende direkteur in die Namibiese arbeidsministerie en deurwinterde arbeidskenner, Bro-Mathew Shinguadja, moet werknemers deur vakbonde verteenwoordig word en nie deur politieke partye nie.

Shinguadja voeg by dat ‘n politieke party nie die bedryf van maatskappye moet onderbreek nie.