Mecki en kie soek belangstelling vir verwerkingsfasiliteit

Die nuutgestigde Bees Vleiswaardeketting-forum vorder. Die eerste advertensie is geplaas vir entiteite om hul belangstelling om te kan tender vir die konstruksie van ‘n bees-verwerkingsaanleg, in te dien. Savanna Beef Processors Beperk vra entiteite om ‘n gesamentlike onderneming met internasionale kenners aan te gaan. Die perseel sal volgens die FIDIC Gold Book-standaard funksioneer wat beteken die ontwerp, konstruksie en bedryf word in een gedoen. Mecki Schneider, voorsitter van die forum, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.