Rehoboth gesels oor gratis water, en skuld wat ophoop

Die kwessie van gratis watervoorsiening tydens die pandemie het talle plaaslike owerhede gekniehalter en miljoene se skuld by NamWater veroorsaak. Meeste het reeds die praktyk gestaak en Rehoboth het by hulle aangesluit. Die dorp se burgemeester Enrico Junias sê beurtwater word ook toegepas.