DRK begin ent teen Ebola

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het met Ebola-inentings begin om ‘n uitbreking in die noordwestelike stad Mbandaka te stuit. Twee mense het tot dusver gesterf in die stad van meer as ‘n miljoen inwoners. Die eerste sterfgeval het op 21 April plaasgevind en die tweede was Dinsdag. Die uitbreking is die land se 14de. Tot dusver is 233 kontakte van die twee gevalle geïdentifiseer en almal word gemonitor.