Skool het nog nie geantwoord ná leerlinge glo ingespuit is

Richard Metcalfe, die regsverteenwoordiger van twee ouers van graad 1-leerlinge van die JP Brandt Primêre Skool op Walvisbaai, sê geen terugvoering is nog van die skool ontvang nie. Die ouers dreig met regsaksie nadat hul kinders glo sonder hul toestemming by die skool inspuitings gekry het. Die ouers het ‘n antwoord van die skool oor […]

Read More

Johannesburg sedert 2021 sonder spoedkameras

Die Johannesburgse Metropolisie-departement sê planne word beraam om spoedkameras te herstel. Die stad het van Mei verlede jaar af geen werkende spoedkameras nie. Die stad het volgens berigte miljoene rand aan inkomste verloor. Die woordvoerder van die departement, Xolani Fihla, sê alle spoedvervolgings is ook opgehef.

Read More

Nampol in Hardap soek na moordbeskuldigde

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek is op soek na ‘n moordbeskuldigde, Nicodemus Paulus wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie Emmy Moseke op die plaas Arbeidsvreugde in die Schlip-distrik in Julie 2016 vermoor het. Paulus is op 28 April 2017 borgtog toegestaan en het sedertdien versuim om in die hof te verskyn. Enige iemand met inligting kan die naaste […]

Read More

Slegs drie groente mag in Mei na Namibië ingevoer word

Die Namibiese Akkerbouraad het die invoer van slegs drie van 18 spesiaal beheerde gewasse sonder beperkings vir Mei aangekondig. Die drie toegelate produkte vir invoer is skorsies, gewaste aartappels en spinasie. ‘n Plaaslike produsent in die Oshikoto-streek, Ileni Nandjato, reageer hierop.

Read More

Suid-Afrika het ook minder ongelukke oor Paasnaweek

Nes in Namibië, het Suid-Afrika se ongelukke tydens Paasnaweek ook afgeneem. Die vervoerminister in die buurland, Fikile Mbalula, sê die aantal ongelukke oor die Paastydperk het met 28,6 persent afgeneem, wat neerkom op ‘n afname van 31,5 persent in die aantal sterftes op paaie. Al die provinsies het ‘n afname in sterftes aangemeld, behalwe die […]

Read More

Blou diamant haal R916 miljoen op veiling

Die De Beers Cullinan Blue-diamant is op Sotheby’s in Hongkong vir 916 miljoen rand opgeveil. Die diamant van 15,1 karaat is in April verlede jaar in die Cullinan-myn, oos van Pretoria, ontdek. Daar word berig dit is die grootste blou diamant wat nog ooit opgeveil is. Volgens die Edelsteen-instituut van Amerika word blou diamante baie selde gevind, […]

Read More

Busa sê Suid-Afrika is nie arm, maar word swak bestuur

Business Unity South Africa sê Suid-Afrika is nie ‘n arm land nie, dit is net ‘n land wat nie behoorlik bestuur word nie. Die president van Busa, Bonang Mohale, sê die regering behoort te werk om hulle woorde in dade te omskep deur die gestipuleerde planne in werking te stel. Mohale sê regeringsamptenare moet aanspreeklik […]

Read More

Stad Kaapstad: Tegnologie is teenvoeter teen armoede

Die Stad Kaapstad sê tegnologie is die kragtigste teenvoeter om armoede-verligting en die ontwikkeling van mense teweeg te bring. Burgemeester Geordin Hill-Lewis en die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, het deelgeneem aan die Kaapstad/Stockholm Sakespitsberaad met die Sweedse ambassadeur in Suid-Afrika, Håkan Juholt. Vos sê maatskappye, ontwikkelaars, beleggers, entrepreneurs en instellings van regoor Suid-Afrika […]

Read More

Durban-hawe hervat geleidelik sy dienste

Die Durban-hawe het bevestig hy hervat geleidelik sy dienste. Dit volg nadat die oorstromings in KwaZulu-Natal die hawe gedwing het om te sluit. Die bestuurshoof van KZN-hawens, Moshe Motlohi, sê hoewel die oorhoofse koste van die skade nog nie bepaal is nie, kan dit tot twee weke neem voordat die hawe weer volledig operasioneel is.

Read More

Geingob open opleidingskompleks van Unam se mediese fakulteit

Namibiese President Hage Geingob het vanoggend die fakulteit van gesondheidsdienste en veeartseny se opleidingskompleks van die Universiteit van Namibië se Hage Geingob-kampus amptelik geopen. Geingob sê Namibië wil ‘n hoë standaard van professionele gesondheids-dienslewering in staatsgesondheidsgeriewe bereik wat die huidige gaping tussen die privaat en openbare sektor sal verklein. Hy het bygevoeg die regering het 46 persent van die nasionale begroting aan maatskaplike sektore soos onderwys en gesondheid […]

Read More