Stad Kaapstad: Tegnologie is teenvoeter teen armoede

Die Stad Kaapstad sê tegnologie is die kragtigste teenvoeter om armoede-verligting en die ontwikkeling van mense teweeg te bring. Burgemeester Geordin Hill-Lewis en die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, het deelgeneem aan die Kaapstad/Stockholm Sakespitsberaad met die Sweedse ambassadeur in Suid-Afrika, Håkan Juholt. Vos sê maatskappye, ontwikkelaars, beleggers, entrepreneurs en instellings van regoor Suid-Afrika en Swede word gekoppel deur ‘n reeks bedrywighede.