Johannesburg sedert 2021 sonder spoedkamerasApril 28, 2022
Die Johannesburgse Metropolisie-departement sê planne word beraam om spoedkameras te herstel. Die stad het van Mei verlede jaar af geen werkende spoedkameras nie. Die stad het volgens berigte miljoene rand aan inkomste verloor. Die woordvoerder van die departement, Xolani Fihla, sê alle spoedvervolgings is ook opgehef.