Durban-hawe hervat geleidelik sy dienste

Die Durban-hawe het bevestig hy hervat geleidelik sy dienste. Dit volg nadat die oorstromings in KwaZulu-Natal die hawe gedwing het om te sluit. Die bestuurshoof van KZN-hawens, Moshe Motlohi, sê hoewel die oorhoofse koste van die skade nog nie bepaal is nie, kan dit tot twee weke neem voordat die hawe weer volledig operasioneel is.