Geingob open opleidingskompleks van Unam se mediese fakulteit

Namibiese President Hage Geingob het vanoggend die fakulteit van gesondheidsdienste en veeartseny se opleidingskompleks van die Universiteit van Namibië se Hage Geingob-kampus amptelik geopen. Geingob sê Namibië wil ‘n hoë standaard van professionele gesondheids-dienslewering in staatsgesondheidsgeriewe bereik wat die huidige gaping tussen die privaat en openbare sektor sal verklein. Hy het bygevoeg die regering het 46 persent van die nasionale begroting aan maatskaplike sektore soos onderwys en gesondheid toegeken.