Nampol in Hardap soek na moordbeskuldigde

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek is op soek na ‘n moordbeskuldigde, Nicodemus Paulus wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie Emmy Moseke op die plaas Arbeidsvreugde in die Schlip-distrik in Julie 2016 vermoor het. Paulus is op 28 April 2017 borgtog toegestaan en het sedertdien versuim om in die hof te verskyn. Enige iemand met inligting kan die naaste polisiekantoor skakel.