Suid-Afrika het ook minder ongelukke oor Paasnaweek

Nes in Namibië, het Suid-Afrika se ongelukke tydens Paasnaweek ook afgeneem. Die vervoerminister in die buurland, Fikile Mbalula, sê die aantal ongelukke oor die Paastydperk het met 28,6 persent afgeneem, wat neerkom op ‘n afname van 31,5 persent in die aantal sterftes op paaie. Al die provinsies het ‘n afname in sterftes aangemeld, behalwe die Wes-Kaap en Mpumalanga. Die Wes-Kaap het ‘n toename van 30,8 persent beleef, van 26 sterftes verlede jaar tot 34 vanjaar.