Busa sê Suid-Afrika is nie arm, maar word swak bestuur

Business Unity South Africa sê Suid-Afrika is nie ‘n arm land nie, dit is net ‘n land wat nie behoorlik bestuur word nie. Die president van Busa, Bonang Mohale, sê die regering behoort te werk om hulle woorde in dade te omskep deur die gestipuleerde planne in werking te stel. Mohale sê regeringsamptenare moet aanspreeklik gehou word vir planne wat nie uitgevoer word nie.