Skool het nog nie geantwoord ná leerlinge glo ingespuit is

Richard Metcalfe, die regsverteenwoordiger van twee ouers van graad 1-leerlinge van die JP Brandt Primêre Skool op Walvisbaai, sê geen terugvoering is nog van die skool ontvang nie. Die ouers dreig met regsaksie nadat hul kinders glo sonder hul toestemming by die skool inspuitings gekry het. Die ouers het ‘n antwoord van die skool oor hul kinders se inentings vanoggend om nege-uur geëis. ‘n Nood-ouervergadering gaan glo vanaand by die skool plaasvind. Metcalfe gesels met Kosmos 94.1 Nuus.