Brandstofprys: Minister sal ook heffings aanspreek
Die Namibiese ministerie van myne en energie gaan vanoggend tien-uur sy brandstofprys vir Mei bekend maak. Aan die begin van April het die brandstofprys per liter die hoogte ingeskiet en die publiek hou hul asem op oor dié aankondiging. Die skakelbeampte van die ministerie, Andreas Simon gesels met Kosmos 94.1 Nuus. Hy het gesê minister […]
Gesondheidsdienste is bedrwyig in KZN
Die gesondheidsdepartement in die buurland sê hulle maak seker mense wat met chroniese siektes leef en deur die oorstromings in KwaZulu-Natal getref is, kry hulle medisyne. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê gesondheidswerkers besoek die gebiede wat geraak is om seker te maak pasiënte wat chroniese medikasie nodig het, word gehelp. Phaahla sê die […]
Vroue word in die Oekraïne opgelei om landmyne op te spoor
Oekraïnse vroue word nou in Kosovo opgelei om landmyne op te spoor en te verwyder ná Russiese troepe honderde landmyne in Oekraïne gestel het. Die verwydering van landmyne kan dekades duur, soos onder meer Kosovo, Namibië se buurland Angola en Mosambiek kan getuig.
Hamilton wen hofsaak oor… boom
Die Britse Formule Een renjaer Lewis Hamilton is nie die gewildste inwoner van ‘n buurt in Londen nie, nadat hy die munisipaliteit oor ‘n boom hof toe gevat het. Sy bure het beswaar gemaak omdat hy die magnoliaboom afgekap het by sy huis van 288-miljoen-rand in die munisipaliteit van Kensington en Chelsea in die weste […]
Drie deur ACC vasgetrek oor brandstofkaart-bedrog
Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië het ‘n senior politieke analis in die ministerie van werke en vervoer, Nickey Simasiku Mutame, saam met twee kassiere van ‘n vulstasie op Okahandja, Denise Dausas en Koeloemeid Tshantshana, in hegtenis geneem in verband met korrupsie. Hulle het glo onregmatige transaksies van 80 000 Namibiese dollar op die regeringvloot se brandstofkaart tussen Februarie en Maart gedoen. Hulle het in die Okahandja-landdroshof verskyn en […]
Air Namibia se likwidateur verstom vlieëniers
Manuel Prenzlow, die president van die Namibiese Lugredery Vlieëniersvereniging, het gereageer op die likwidateur van Air Namibia, Dave Bruni, se kommentaar dat daar tans geen koper vir die bankrot nasionale lugredery is nie. Bruni sê die aanbod deur BDS Airways het deur die mat geval. Dié redery het eers ‘n aanbod van 3,2 miljard Namibiese […]
Byna R5 miljard se Sassa-toelae onder vloedslagoffers in KZN versprei
Die ministerie van samewerkende regering en tradisionele sake sê hulle het ‘n volledige beoordeling gedoen van die gemeenskappe en huishoudings wat deur die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal geraak is. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê psigo-maatskaplike steun is verskaf en 15 000 mense is bygestaan. Phaahla sê ook ongeveer 3 […]
All Blacks moet sonder sy ster-stut klaarkom
Rugby: Die All Blacks en die Crusaders gaan vir die res van die jaar sonder die ster-stut Joe Moody moet klaarkom. Hy het ‘n ligament geskeur tydens die Crusaders se Super Rugby-wedstryd wat hulle twee weke gelede teen die Blues verloor het. Dit is nou bevestig hy sal nie weer vanjaar kan speel nie. Die 33-jarige voormalige kampioen-stoeier het […]
Kaapstad wil self treindienste bestuur
Die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis sê daar is nou ‘n groot moontlikheid dat die Moederstad se munisipaliteit binnekort self die stad se treindienste kan bestuur. Die nasionale regering se spoordiens het in Kaapstad ‘n krisispunt bereik, met net 33 operasionele treinstelle in 2020, vergeleke met 95 treinstelle in 1995. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in […]
PDM-leier: Arbeidsminister moenie so sensitief wees
Die leier van die Popular Democratic Movement McHenry Venaani het vandag in die Nasionale Vergadering die arbeidsminister Utoni Nujoma oor die kole gehaal, omdat hy tydens ‘n vergadering met die NEFF uitgeloop het. Venaani het aan Nujoma gesê hy kan as politiekus nie so sensitief wees nie Nujoma het aan Venaani gesê as daar geen […]