Gesondheidsdienste is bedrwyig in KZN

Die gesondheidsdepartement in die buurland sê hulle maak seker mense wat met chroniese siektes leef en deur die oorstromings in KwaZulu-Natal getref is, kry hulle medisyne. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê gesondheidswerkers besoek die gebiede wat geraak is om seker te maak pasiënte wat chroniese medikasie nodig het, word gehelp. Phaahla sê die watervoorsiening aan sommige van die 66 beskadigde geriewe is ook herstel. Intussen het die Nasionale Gesondheidsinfrastruktuur-span bevestig ongeveer 190 miljoen Suid-Afrikaanse rand is nodig om die meeste van die mediese geriewe te herstel.