All Blacks moet sonder sy ster-stut klaarkom

Rugby: Die All Blacks en die Crusaders gaan vir die res van die jaar sonder die ster-stut Joe Moody moet klaarkom. Hy het ‘n ligament geskeur tydens die Crusaders se Super Rugby-wedstryd wat hulle twee weke gelede teen die Blues verloor het. Dit is nou bevestig hy sal nie weer vanjaar kan speel nie. Die 33-jarige voormalige kampioen-stoeier het in 2014 sy debuut vir Nieu-Seeland gemaak en sedertdien 57 toetse gespeel.  Hy het die Kiwi’s in beide die 2015 en 2019 Wêreldbekertoernooie verteenwoordig.