PDM-leier: Arbeidsminister moenie so sensitief wees

Die leier van die Popular Democratic Movement McHenry Venaani het vandag in die Nasionale Vergadering die arbeidsminister Utoni Nujoma oor die kole gehaal, omdat hy tydens ‘n vergadering met die NEFF uitgeloop het. Venaani het aan Nujoma gesê hy kan as politiekus nie so sensitief wees nie

Nujoma het aan Venaani gesê as daar geen konstruktiewe interaksie is nie, moet ‘n vergadering verdaag word.