Byna R5 miljard se Sassa-toelae onder vloedslagoffers in KZN versprei

Die ministerie van samewerkende regering en tradisionele sake sê hulle het ‘n volledige beoordeling gedoen van die gemeenskappe en huishoudings wat deur die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal geraak is. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê psigo-maatskaplike steun is verskaf en 15 000 mense is bygestaan. Phaahla sê ook ongeveer 3 000 begunstigdes het hulle Maatskaplike Noodverligtingtoelaes deur die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap ontvang.