Drie deur ACC vasgetrek oor brandstofkaart-bedrog

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië het ‘n senior politieke analis in die ministerie van werke en vervoer, Nickey Simasiku Mutame, saam met twee kassiere van ‘n vulstasie op Okahandja, Denise Dausas en Koeloemeid Tshantshana, in hegtenis geneem in verband met korrupsie. Hulle het glo onregmatige transaksies van 80 000 Namibiese dollar op die regeringvloot se brandstofkaart tussen Februarie en Maart gedoen. Hulle het in die Okahandja-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Hul saak is tot 10 Mei uitgestel vir formele borgtogaansoek.