Hamilton wen hofsaak oor… boom

Die Britse Formule Een renjaer Lewis Hamilton is nie die gewildste inwoner van ‘n buurt in Londen nie, nadat hy die munisipaliteit oor ‘n boom hof toe gevat het. Sy bure het beswaar gemaak omdat hy die magnoliaboom afgekap  het by sy huis van 288-miljoen-rand in die munisipaliteit van Kensington en Chelsea in die weste van die Britse hoofstad. Hamilton het betoog ‘n boomsjirurg se diagnose was die boom is terminaal siek. Britse media berig die boom was nie onder ‘n beskermingsbevel nie, maar die buurt is in ‘n bewaringsgebied.