Air Namibia se likwidateur verstom vlieëniers

Manuel Prenzlow, die president van die Namibiese Lugredery Vlieëniersvereniging, het gereageer op die likwidateur van Air Namibia, Dave Bruni, se kommentaar dat daar tans geen koper vir die bankrot nasionale lugredery is nie. Bruni sê die aanbod deur BDS Airways het deur die mat geval. Dié redery het eers ‘n aanbod van 3,2 miljard Namibiese dollar gemaak wat later afwaarts aangepas is na 1,4 miljard dollar. Prenzlow het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Bruni se opmerkings is onaanvaarbaar.