Kibaki môre in sentraal-Kenia begrawe

Die derde president van die Republiek van Kenia, Mwai Kibaki, word môre in sy tuisdorp Othaya in sentraal-Kenia begrawe. Duisende Keniane het vandag by sy begrafnisdiens in die Nyayo-stadion in Nairobi hulde gebring aan die voormalige president. Kibaki is verlede Donderdag in die ouderdom van 90 oorlede. President Cyril Ramaphosa was onder die hoogwaardigheidsbekleërs wat die diens bygewoon […]

Read More

DA bekommerd daar is geen plan vir herstel van vloedskade

Die DA is bekommerd daar is na ‘n week steeds nie ‘n vaste plan om hulpbronne te organiseer en aandag te gee aan die vloedskade in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap nie. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa ‘n week gelede ‘n ramptoestand verklaar het. Madeleine Hicklin van die DA doen ‘n beroep op die minister […]

Read More

Dr. Hangala: Dit gaan tyd neem vir ekonomie om te herstel

Die nadraai van die verwoestende impak van die Covid-pandemie op die Namibiese ekonomie is duidelik sigbaar met sommige besighede wat gesluit bly. Nywerhede soos die konstruksiebedryf is swaar getref. Dr. Leake Hangala, ‘n gerespekteerde sakeman in die konstruksiesektor, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê soveel as wat daar lig in die tonnel is, sal dit […]

Read More

DA wil weet hoe Eskom onder ANC se bewind gekaap is

Die DA wil weet hoe daar toegelaat is dat Eskom, wat so ‘n belangrike instelling in staatsbesit is, onder die ANC se bewind gekaap is. Die party sê die jongste aflewering van die Zondo-kommissie se verslag wys hoe misdadige samespanning binne die ANC saamgesweer het om Eskom te kaap en dit tot net ‘n blote […]

Read More

President van Napha bevestig jaarvergadering in November

Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Axel Cramer het bevestig Napha se algemene jaarvergadering gaan vanjaar oor twee dae plaasvind op 28 en 29 November met die tema Jag en die Natuur. Internasionale gaste kom reeds op 26 November in Namibië aan en op 27 November gaan hul jaarlike pret-skietdag aangebied word. Die jaarvergadering, […]

Read More

Nawatiseb in hof oor SME Bank-lening

Hoërhofregter Orben Sibeya het ‘n saak teen die voormalige adjunkminister van inligting, Engel Nawatiseb, wat daarvan aangekla word dat hy ‘n leningsooreenkoms met die SME Bank verbreek het, tot 19 Mei uitgestel, om hom toe te laat om ‘n regsverteenwoordiger te bekom. Na bewering het Nawatiseb se vorige prokureur om finansiële redes aan die saak […]

Read More

Sake-spilpunt ‘n waardevolle bate vir Kaapse entrepreneurs

Die Stad Kaapstad sê die Sake-spilpunt se hulplessenaar het bewys dit is ‘n waardevolle bate vir kleinsake in Kaapstad. Volgens die jongste Global Financial Centres Index, het die Moederstad verskeie stede in Afrika verbygesteek as die voorste finansiële sentrum. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die stad is vasberade om voort te gaan […]

Read More

Namibië het derde beste paspoort in Afrika

Namibiërs het die derde beste paspoort in Afrika, wat ‘n Namibiese paspoorthouer toelaat om te reis na 78 lande sonder ‘n visum in 2021. Paspoorthouers van die Seychelles kan na 152 lande sonder ‘n visum reis en Botswana na 86 lande. Wêreldwyd, wen Japan en Singapoer die eerste prys met hul paspoorte wat hul burgers […]

Read More

Elf buitelanders vas met chroom van R5 miljoen

Elf buitelandse burgers van Zimbabwe en Mosambiek is in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ontginde chroom ter waarde van vyf miljoen rand in Emalahleni, Mpumalanga. Die woordvoerder van die polisie, Donald Mdhluli, sê dit het gevolg nadat ‘n span wetstoepassingsagentskappe ‘n uitlok-operasie uitgevoer het.

Read More

Bank Windhoek vier 40ste bestaansjaar

Bank Windhoek het vandag sy 40ste bestaansjaarsvieringe afgeskop. Die besturende direkteur, Baronice Hans, sê die bank het talle mylpale oor die 40 jaar behaal. Dit was ook die eerste bank wat in 2009 selfoonbankdienste gevestig het. Die bank verskaf werk aan 1 561 Namibiërs in 53 takke landswyd. Die bank het gemeenskappe die afgelope vyf jaar met 20 miljoen Namibiese dollar ondersteun. 

Read More