DA wil weet hoe Eskom onder ANC se bewind gekaap is

Die DA wil weet hoe daar toegelaat is dat Eskom, wat so ‘n belangrike instelling in staatsbesit is, onder die ANC se bewind gekaap is. Die party sê die jongste aflewering van die Zondo-kommissie se verslag wys hoe misdadige samespanning binne die ANC saamgesweer het om Eskom te kaap en dit tot net ‘n blote dop af te breek. Bewyse in die verslag ontbloot hoe die Guptas met oud-president Jacob Zuma saamgewerk het om Eskom-bestuurders uit te skuif. Natasha Mazzone van die DA sê die gevolge word gevoel in nimmereindigende vlae beurtkrag.