Kibaki môre in sentraal-Kenia begrawe

Die derde president van die Republiek van Kenia, Mwai Kibaki, word môre in sy tuisdorp Othaya in sentraal-Kenia begrawe. Duisende Keniane het vandag by sy begrafnisdiens in die Nyayo-stadion in Nairobi hulde gebring aan die voormalige president. Kibaki is verlede Donderdag in die ouderdom van 90 oorlede. President Cyril Ramaphosa was onder die hoogwaardigheidsbekleërs wat die diens bygewoon het. Kibaki sal onthou word vir die instelling van gratis laerskool-onderrig en toegang tot gesondheidsorg in Kenia.