Dr. Hangala: Dit gaan tyd neem vir ekonomie om te herstel

Die nadraai van die verwoestende impak van die Covid-pandemie op die Namibiese ekonomie is duidelik sigbaar met sommige besighede wat gesluit bly. Nywerhede soos die konstruksiebedryf is swaar getref. Dr. Leake Hangala, ‘n gerespekteerde sakeman in die konstruksiesektor, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê soveel as wat daar lig in die tonnel is, sal dit tyd neem om vir die ekonomie om te herstel.