DA bekommerd daar is geen plan vir herstel van vloedskade

Die DA is bekommerd daar is na ‘n week steeds nie ‘n vaste plan om hulpbronne te organiseer en aandag te gee aan die vloedskade in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap nie. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa ‘n week gelede ‘n ramptoestand verklaar het. Madeleine Hicklin van die DA doen ‘n beroep op die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, om ‘n span byeen te roep wat ‘n behoorlike plan vir die herstel van infrastruktuur kan ontwikkel.