Copps 94.1 in Windhoek en Walvisbaai… innoverende misdaad, drankmisbruik

Dit was ‘n opwindende aand vir Namibië se enigste teen-misdaadprogram, Copps 94.1. Spanne is in die hoofstad en aan die kus, op Walvisbaai, ontplooi. Volgens JP Nel wat in Windhoek op grondvlak was, het hulle afgekom op ‘n deur-tot-deur dwelm-afleweringsvoertuig. En op Walvisbaai, blyk alkohol om ‘n voortdurende probleem te wees soos Jean Louis Knouwds, […]

Read More

Covid begin toeneem in SA

Daar is kommer oor die stand van sake van Covid in Suid-Afrika. Die positiewe koers het tot 22,5-persent opgeskiet. ‘n Koers van 5 persent is die ideaal. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland het Vrydag 4 954 nuwe gevalle bekend gemaak. Meer as die helfte van dié gevalle is in Gauteng aangemeld, […]

Read More

Trump weet nie waar die dokumente is nie

Regter Arthur Engoron in New York het sy verbasing uitgespreek dat Donald Trump nie in staat is om enige dokumente te verskaf wat in ’n ondersoek van die Trump-organisasie gesoek is nie. Die regter sê hy sal voortgaan om die voormalige Amerikaanse president in minagting van die hof te hou en hom met 10 000 […]

Read More

Atletiek: Alle oë op Gaborone vandag

Daar is groot afwagting vandag vir Namibië se vertoning in Gaborone, Botswana, vir die Internasionale Byeenkoms wat by die Gaborone-stadion gehou word. Om tien voor drie neem Christine Mboma en Beatrice Masilingi aan die 100-meter deel, en hulle hardloop weer om 20-voor-vier in die 200-meter. Ernst Narib, ons eie 200-meter kampioen, hardloop dié wedloop om […]

Read More

Kliniek by Marienfluss in Kunene-streek geopen

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag ‘n gesondheidskliniek en akkommodasiegeriewe vir gesondheidspersoneel by Marienfluss, in die Otjinungua-nedersetting in die Kunene-streek ingewy. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula sê 32 verpleërs gaan binnekort in die Kunene-streek ontplooi word by afgeleë gesondheidsgeriewe op Otjiu, Onjuva, Etanga, Otjinunga en ander. Shangula gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Robkwotas vir vanjaar nog nie bekend

Die rob-oesseisoen vind tussen 1 Junie en 15 November vanjaar in Namibië plaas, maar nog geen aankondiging van die ministerie van visserye is nog oor die kwotas gemaak nie. Die nuwe kwota sal na verwagting dieselfde as die twee vorige seisoene wees toe 4 500 tot 6 000 bulle en sowat 70 000 tot 80 […]

Read More

Drankhandelaarsvereniging vrees oor alkohol se verbintenis met Covid

Die Drankhandelaarsvereniging in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die regering se voortgesette poging om alkohol te verbind met die verspreiding van Covid-19. Die vereniging glo dit is ‘n vals vertolking wat uitgeloop het op ernstige finansiële gevolge vir die sektor. Terwyl Covid-getalle in die land styg, vra die vereniging se woordvoerder, Lucky Ntimane, die regering […]

Read More

Boris Becker moet tjoekie toe

Die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker is vir twee en ‘n half jaar tronk toe gestuur omdat hy 2,5 miljoen pond se bates en lenings weggesteek het om skuld te vermy. Die 54-jarige sesmalige Grand Slam-kampioen is skuldig bevind aan vier aanklagte ingevolge die Insolvensiewet. Die saak het gefokus op Becker se bankrotskap in Junie 2017 […]

Read More

SA het net ‘n paar dae om nuwe gesondheidsregulasies te finaliseer

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla sê die regering het net ‘n paar dae om die nuwe gesondheidsregulasies te finaliseer. Die minister sê sy departement het meer as 300 000 insette oor die gesondheids-regulasies ontvang. Die sperdatum was op 24 April. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad …

Read More

Privaat sektor kredietverlening neem in Maart toe

Privaat sektor kredietverlening het in Maart 2022 met 2,1 persent op ’n jaargrondslag toegeneem, ’n verlangsaming vanaf die 2,7 persent en 2,8 persent wat onderskeidelik in Januarie en Februarie 2022 aangemeld is. Weer eens, as eise op die nie-inwonende sektor ingesluit word, is groei in kredietverlening in die private sektor wesenlik hoër teen 8,7 persent jaar op jaar, volgens […]

Read More