Boris Becker moet tjoekie toe

Die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker is vir twee en ‘n half jaar tronk toe gestuur omdat hy 2,5 miljoen pond se bates en lenings weggesteek het om skuld te vermy. Die 54-jarige sesmalige Grand Slam-kampioen is skuldig bevind aan vier aanklagte ingevolge die Insolvensiewet. Die saak het gefokus op Becker se bankrotskap in Junie 2017 as gevolg van ‘n onbetaalde lening van meer as 3 miljoen pond op sy luukse landgoed in Mallorca, Spanje. Regter Deborah Taylor het gesê hy het geen berou getoon of skuld aanvaar nie.