Drankhandelaarsvereniging vrees oor alkohol se verbintenis met Covid

Die Drankhandelaarsvereniging in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die regering se voortgesette poging om alkohol te verbind met die verspreiding van Covid-19. Die vereniging glo dit is ‘n vals vertolking wat uitgeloop het op ernstige finansiële gevolge vir die sektor. Terwyl Covid-getalle in die land styg, vra die vereniging se woordvoerder, Lucky Ntimane, die regering om rasioneel te wees en wetenskaplik op te tree.